402
7.3K
10
87.7%
Vroeg in 2016 het Loki Rothman my uitgenooi om saam met hom te werk aan iets. Ek het dadelik ingestem, omdat hy ‘n interessante musikant en ‘n kitaarspeler soos min is en ‘n vars stem en aanslag het, maar nog nie geweet wat ons saam sou doen nie! (Ek hou daarvan om met jong kunstenaars te werk, want dit bring gewoonlik nuwe uitdagings vir my). My ‘Die Reis’- album van 2016, (wat ek aan my eerste kleinkind opgedra het), sou grootliks uit samewerkings en duette bestaan en was daardie tyd juis in beplanning. Arnold Coleske, daardie wonderlike regisseur wat hy is, het die blink idee gekry dat ek en Loki ‘Blou’ – wat ek oorspronklik in 1990 op my ‘Stuur groete aan Mannetjies Roux’-album opgeneem het - ‘n nuwe duet-baadjie moes gee. Díe tweede weergawe van 'Blou' maak toe op die ou end deel uit van die album. Ek en Loki het goeie vriende geword en boonop dikwels vir amper twee jaar daarna saam opgetree. Dis vir my ‘n goeie herinnering. #liewelewe #blou #fypシ゚ #fyp #fypシ゚viral🖤tiktok #memories #afrikaans
402
7.3K
10
87.7%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: