laurikarauchofficial
Jul 3
393
7.6K
9
90.9%
Vernette Wessels het ‘Die Reis’ gekomponeer. Dit was vir my ‘n uitstaan-liedjie van baie uitstaan-liedjies op my laaste volledige nuwe album in 2016 en ek het ook gedink dis ‘n gepaste titel vir die album. Vernette is natuurlik lid van die duo ‘Coffee Snobs” saam met haar man, Marius. Tydens die voorlaaste keer wat ek in die ouditorium by Aardklop opgetree het (die titel van die show was ‘Nie as ek sing nie’), het Vernette as sanger saamgewerk met Floors Oosthuizen (kitaar) en Deedee Oosthuizen (klavier) wat tegelyk my musiekregisseurs en begeleiers was. Die titel ‘Nie as ek sing nie’ was gebore uit iets wat ek een aand vir David Taljaard, my pianis van daardie tyd, net voordat ons op die verhoog sou gaan, gesê het. Ek het erge tandpyn gehad en David het vir my gevra of dit dan nie seer is nie, en hoe kan ek dan optree onder daardie omstandighede - waarop ek hom geantwoord het: “Dis nie seer as ek sing nie”. #fyp #viral #diereis #fypシ゚viral #fypシ゚viral #afrikaansisgroot
laurikarauchofficial
Jul 3
393
7.6K
9
90.9%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
