296
9.2K
14
108%
‘Stille waters’, wat ook deur my man, Chris Torr, saam met al sy ander ikoniese liedjies geskryf is, lê baie na aan my hart. Dit was nie net oor die jare my gunstelingliedjie om op die verhoog te sing nie, maar gekoppel daaraan is ‘n baie spesiale herinnering. Ek en Clinton Waring, my super pianis van meer as 20 jaar, het ‘Stille Waters’ gewoonlik as ‘n duet gedoen. Clinton was die perfekte begeleier vir my. Sy aanvoeling, musikaliteit en tydsberekening was onberispelik. Ons sou beurte maak om ‘n versie te sing – syne die Engelse woorde en myne die Afrikaanse woorde. (Ons weergawe (‘Blue skies’) kan op ‘Chris se Trefferliedjies’ gehoor word). As ‘n mens lank saam met ‘n begeleier werk, ontwikkel daar, as jy gelukkig is, ‘n subtiele rapport. ‘Stille Waters’ was my en Clinton se ‘oomblik’ as ons saam opgetree het. Dit het ‘n mens (en ek hoop ook die gehoor) vir daardie paar minute laat voel dat die wêreld maar kan vergaan, want op hierdie oomblik is alles perfek. Dis ‘n rare ding - en ek koester die herinnering. Hierby aangeheg is ‘n foto van my en Clinton en ‘n greep uit ‘n besonderse video wat deur die ‘Man met koffer’-akteur, Lourens de Groot en regisseur Erik Wildeman aan die Nederlandse kus in die Covidjaar gemaak is. #fyp #viral #fypシ #fypシ゚viral #musiek #stillewaters #afrikaans
296
9.2K
14
108%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: