laurikarauchofficial
Jul 8
384
6.7K
10
81.2%
Hierdie is net die slimste en prettigste liedjie wat Marietjie de Villiers-Knop gekomponeer het! Ek het altyd baie geniet om dit op die verhoog te doen. Dis so getrou aan die lewe self – die stilstuipe wat ‘n mens kan kry as jy vies is vir jou maat – (veral as jy jonk is) – en veral as jy dan in die motor iewers langpad moet ry! ‘Brêkfis in Bloemfontein’ beskryf hoe die twee mense die pad Kaap toe aandurf vanaf Gauteng – en nie net word al die plekke wat ‘n mens deur-en verbyry genoem nie, maar die liedjie beskryf ook terselfdertyd die ontwikkeling van die twee mense se verhouding oor die langpad - en hoe hulle aan die einde in totale vrede weer bymekaarkom. Díe video is ’n greep uit die DVD-opname van ‘n vertoning (‘Hart en See’) wat ek saam met Elvis Blue gedoen het. Dit was regtig lekker om saam met hom te werk - en boonop was dit die laaste keer dat ‘n verhoogoptrede van my verfilm is. Clinton Lubbe was die video- en kameraregisseur, Deon Opperman die verhoogregisseur, en Janine Neethling die musiekregisseur. ‘n Lieflike orkes het ons begelei. Geniet dit! #fyp #viral #fypシ
laurikarauchofficial
Jul 8
384
6.7K
10
81.2%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
