laurikarauchofficial
Jul 9
7.3K
118K
475
1,434%
Toe ‘n vriendin vir my vertel het van ‘Klein Tambotieboom’ van ‘Die Heuwels Fantasties’ (dit bly maar een van my gunstelingname vir ‘n groep) het ek oor een oor daarna begin luister. DHF het die vermoë om hulle liedjies op die oog af eenvoudig en toeganklik te laat klink, maar, veral as jy weer en weer luister (!) kom die digterlikheid van die liriek stukkie-vir-stukkie na vore. ‘As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val’ is mos mooi! ‘Klein Tambotieboom’ gaan ongetwyfeld die toets van die tyd deurstaan. Dit was gevolglik besonders vir my om op my ‘Die Reis’-album die liedjie in duet saam met hulle te kon opneem. Hier is ‘n greep uit ons verhoogoptrede tydens ‘Afrikaans is Groot’ een jaar. Mooi dag vir jou en bly knus! #fyp #viral #aig #afrikaansisgroot #fypシ @DieHeuwels @Afrikaans is Groot
laurikarauchofficial
Jul 9
7.3K
118K
475
1,434%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
