laurikarauchofficial
Jul 15
2.3K
47K
64
565%
Johan Oberholzer - sanger, liedjieskrywer en lid van die musiekduo ‘Hulle’, verstom my elke keer as ek ‘n liedjie van hom hoor. ‘Murg en been’ is ook syne. Hy het vir my die sonderlinge vermoë om homself elke keer te herskep - nie een van sy liedjies klink ooit dieselfde nie. Ek beskryf hom graag as ‘n ‘sanger se sanger en liedjieskrywer’. As jy die liriek van ‘Murg en been’ voor jou het, besef jy hoe ekonomies hy geskryf het. (Ek bedoel, geen versreël, behalwe die laaste een, is langer as drie woorde nie!) Elke woord is fyn gekies om die meeste impak te hê - niks is oorbodig nie. Tog weet ‘n mens dadelik waaroor die liedjie gaan. Hy gebruik teenstellings (ewe donker, ewe lig; dalk te min of dalk te veel) en hy sê goed soos ‘wil weer uitkom terug na my, het te lank saam jou gebly’ om te illustreer hoe vining dinge tussen twee mense verkeerd kan gaan. Dalk is die twee mense te veel van dieselfde murg en been? Aan die einde van die liedjie is die Jan (of San?) Alleman oor wie hy skryf, weer alleen. Hoe goed beskryf hy nie daardie gevoel van alleenheid ná ‘n verhouding verby is as hy sê ‘vinnig stilte, vinnig leeg, vinnig einde, aanbeweeg’ nie. ‘Murg en been’ was op my ‘Wals, wals Willemien’-album van 2013 en hierdie video is deur Clinton Lubbe by die Fairtree Atterburyteater in Pretoria verfilm. Jy kan na die volle video op my offisiële Youtubekanaal kyk. Ek herinner jou graag dat my nuwe liedjie ‘Liewe Lewe’ op 26 Julie uitgereik word . Onthou om dit te ‘pre-save’ by die skakel in my bio. Nina Torr is die kunstenaar van die mooie omslag. #fyp #fypシ゚viral #fypage #afrikaans #afrikaansisgroot
laurikarauchofficial
Jul 15
2.3K
47K
64
565%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
