laurikarauchofficial
Jul 16
228
3.4K
25
42.2%
Soms gebeur goeie dinge sommer onverwags en onbeplan met ‘n mens. In Engels is dit ‘serendipity’ en in Afrikaans is dit die mooie ‘soete toeval’. So was dit met ‘Die mense op die Bus’, wat Chris ook gekomponeer het. Ek het pas die liedjie klaar opgeneem in 1999 om deel uit te maak van my nuwe gelyknamige album, toe Jan Scholtz, die bekende filmmaker, my eendag kontak. Hy was besig om sy reeks ‘Iemand om lief te hê’ af te rond en het gevra of ek vir hom ‘n liedjie sou opneem wat hy as temaliedjie vir die reeks kon gebruik. Ek en Chris het vir hom die (toe reeds voltooide) ‘Die mense op die Bus’ gespeel. Jan het daar en dan besluit dat dit ideaal sou wees vir die reeks. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis. ‘Die mense op die bus’, die album, het vinnig goue status behaal. Hierdie onbeplande gebeurtenis het, dankbaar, definitief ‘n groot rol gespeel in die goeie verkope. Mareli Wassenaar het die video gemaak en die insetsels daarin is natuurlik grepe uit die reeks self. Ek wens jou soete toeval toe vir jou dag! Die volle video kan gesien word op my offisiële Youtube-kanaal. Ek herinner jou graag dat my nuwe liedjie ‘Liewe Lewe’ op 26 Julie uitgereik word . Onthou om dit te ‘pre-save’ by die skakel in die bio. Ons dogter, Nina Torr, het die kunswerk van die omslag geverf. Ek vertel volgende week meer oor hierdie skildery. #fyp #viral
laurikarauchofficial
Jul 16
228
3.4K
25
42.2%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
