238
4.5K
6
54.3%
Marc (‘Walking in Memphis’) Cohn se ‘True Companion’ was een van die liedjies wat ek en Elvis Blue in die produksie ‘Hart en See’ in 2016 gesing het. Ek is nie seker wie se idee dit was om die liedjie in te sluit nie. Al wat ek weet is dat dit altyd vir my ‘n ‘oomblik’ was as ons dit saam op die verhoog gesing het. Dis lekker om ‘n liedjie te kry waarvoor ‘n mens as’t ware ‘in die sone’ met totale fokus moet wees. Hierdie was, afgesien van die feit dat dit ongelooflik mooi is, so ‘n liedjie. Ons het, ná verskeie optredes by feeste en teaters, daardie jaar afgesluit met ‘n video-opname van die vertoning. Afgesien van ‘Afrikaans is Groot’- optredes tot en met 2019, was die ‘Hart en See’- produksie die laaste keer dat ‘n ‘volle’ vertoning van my verfilm is. Elvis is ‘n gawe spanmaat en ‘n onderlegde, professionele kunstenaar met ‘n pragtige stem. Deon Opperman was regisseur, Janine Neethling musiekregisseur, die orkes was Floors Oosthuizen, Denny Lalouette, Hiram Koopman en Thinus Odendaal; die videoregisseur was Clinton Lubbe en Huisgenoot het die videoproduksie goedgunstiglik geborg. By die winkel van my webblad laurikarauch.com kan jy nog ‘n DVD bestel, al is dit nie meer in die mark beskikbaar nie. Die volle video van ‘True Companion’ kan gesien word op my offisiële Youtube-kanaal. Ek herinner jou graag daaraan dat my nuwe liedjie, ‘Liewe Lewe’, die eerste van ‘n hele paar, op 26 Julie uitgereik word. ‘Pre-save’ dit gerus deur die skakel in my bio te volg. #fyp #viral
238
4.5K
6
54.3%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: