laurikarauchofficial
Jul 18
110
2.5K
9
29.9%
Teen 1978, toe ek ‘Kinders van die Wind’ opgeneem het vir Katinka Heyns en Chris Barnard se ‘Phoenix en Kie’-reeks, het ek reeds ‘n klein gevolg as sanger opgebou, hoofsaaklik weens my deelname aan ‘Fyn Net van die Woord’, ‘n televisieprogram van 1977 vir ons pasgestigte SAUK-TV, oorklankingswerk gedoen, hier en daar op die verhoog opgetree en ook soms as kelnerin by Mike’s Kitchen in Greenside, Johannesburg gewerk. Dit was in die vroeë jare, toe ‘n mens maar alles probeer het om ‘n loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf te bou en om ‘n inkomste te verseker. Sonja Herholdt en Anton Goosen het reeds sukses behaal met ‘Jantjie’, maar Afrikaanse ligte musiek, soos ons dit later sou leer ken, was nog nie ‘n ‘ding’ nie. Ek het nie geweet wat die toekoms vir my sou inhou nie. ‘n Ongelooflike geleentheid, wat nooit ooit gekwantifiseer sal kan word nie, het hom egter voorgedoen: Een aand by Mike’s Kitchen het ek vir Katinka en Chris bedien. Ons het mekaar toe al geken en so het hulle daarna die storie vertel: Toe ek wegdraai om hulle ete te gaan bestel, het Chris vir Katinka gesê: ‘Laurika moet sing, sy moenie ‘steak’ bedien nie’. Hulle het daarna die daad by die woord gevoeg, en my gevra om liedjies te sing vir ‘Phoenix en Kie’. Dis hoe ek vir die eerste keer in my lewe in ‘n opname-ateljee gekom en ‘ Kinders van die Wind’ opgeneem het. Katinka Heyns en Chris Barnard het daardie aand na die opname besluit dat dit die temaliedjie vir die reeks sou wees. Ek het daarna nooit weer teruggekyk nie en my loopbaan het vlerke gekry – tot vandag toe. Ek sal hulle nooit genoeg kan bedank vir hulle geloof in my nie. Wonderwerke gebeur. Ek heg hierby ‘n foto van my en Colin Drew, my eerste begeleier op kitaar, saam met ander kunstenaars in ‘Fyn net die woord’ ; ‘n foto van my by die plakkaat; en 'n grepie uit die mooi video, wat Org Potgieter gemaak het. ‘Those were heady days’! Ek herinner jou graag daaraan dat my nuwe liedjie, 'Liewe Lewe', op 26 Julie uitgereik word. 'Pre-save' dit gerus. Met liefde
laurikarauchofficial
Jul 18
110
2.5K
9
29.9%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
