1.4K
42K
26
495%
Die groot oomblik is eindelik hier! • Luister na ‘Liewe Lewe’ en laat my gerus weet wat jy daarvan dink? • Daar is ‘n baie mooi video wat deur Carien Loubser en haar span van ‘Brainwave Productions’ vervaardig is. Die video bestaan uit foto’s en beeldmateriaal uit my lewe en loopbaan. Dankie Carien en span! Julle het vir ons ‘n video gemaak wat die gees van ‘Liewe Lewe’ perfek vasvang! Jy kan dit sommer dadelik hier kyk op my Youtube-kanaal. • Daar is ‘n liriek-video van ‘Liewe Lewe’ wat jy hier kan kyk en luister. • Ek doen vandag, more en Sondag altesaam 7 radio-onderhoude. Die stasies en tye is aan die einde van my kort inligtingsvideo aangedui. • Onderhoude met my sal binnekort verskyn in die volgende publikasies: Maroela Media; Huisgenoot; Rooi Rose en Netwerk 24. Ek bedank die mediaspan van ColeskeArtists vir hulle hulp met die mediaveldtog. Johan C Venter, Fanie Nel, Deidre Barnard, Ian Vos, Georic en Tanya - julle unieke vaardighede verstom my! Ek salueer julle en baie baie dankie vir alles! ‘n Groot dankie aan Arnold Coleske, Floors Oosthuizen en Paulo Azevedo wat my met soveel sorg en betrokkenheid met die opname gelei het tot by ‘n eindproduk waarop ek so trots is. Christi – dankie vir jou pragtige liedjie en dat jy bereid was om dit met my te deel en toe sommer saam met my te sing! Ek wens jou alles van die beste vir jou blink toekoms toe! Dankie aan jou wat belang stel in wat ek doen en dit vir my so mooi sê. xx #fyp #viral #musiek #afrikaans #new
1.4K
42K
26
495%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: