121
3.1K
29
37.2%
Wat gebeur het sedert Vrydag 26 Julie se uitreiking van ‘Liewe Lewe’, is vir my so naby aan ‘n wonderwerk as wat kan kom. Ek het natuurlik vooraf baie vertroue in Christi van Niekerk se liedjie gehad en ons gehoop dat mense daarvan sal hou, maar niks kon my voorberei op die groot reaksie nie! Op die Apple Afrikaanse treffersparade het ek en Christi se weergawe in posisie nr 86 (uit 100) begin, maar teen gister was ons reeds by #20 ! Vandag is die video al meer as 33,000 keer op Youtube gesien en ons is in die eerste posisie op die ITunes Treffer-speellys. Dit is oorweldigend en ek, en ek weet, Christi, is so verskriklik dankbaar. Baie dankie aan jou wat in die afgelope maand elke dag saam met my die afwagting gedeel het. Jý het 'Liewe Lewe' ‘n treffer gemaak. Ek wil ook baie dankie sê aan die media wat my 100% ondersteun het met radio-onderhoude en artikels. Ek plaas graag skakels na Maroela Media; Sarie tydskrif en Rooi Rose se artikels. Al die publikasies het so baie moeite gedoen. Huisgenoot se storie sal more op 1 Augustus verskyn. Ek plaas ‘n uittreksel uit die video vir ‘Lewe Lewe’, net om jou te herinner dat jy hier die volle video kan kyk! Baie liefde en baie, baie dankie Laurika
121
3.1K
29
37.2%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: