63
3.5K
5
40.6%
Dag daar! Een van die twee borge van die opkomende 90 minute dokumentêr – ‘Laurika se tuiskoms ‘- vervaardig deur ‘Brainwave Productions’ – en wat op 25 Januarie om 20h00 op @kykNET uitgesaai word, is ‘pHformula’. Ek en my dogter Nina, was vanmiddag vir ietsie oor ‘n uur gepamperlang deur twee hoogs gekwalifiseerde velterapeute by ‘NuSkinnovation Pretoria East’, Pretoria-Oos. Charlotte en Esmeralda het ons behoorlik bederf met die ‘pHFormula’-produkte waarmee hulle ons gesigte behandel het. Ek het na die ervaring vir ‘n vriendin gesê: Ek het gedink ek weet van velsorg, maar die diens wat ‘pHFormula’ en ‘Nuskinnovation’ bied, plaas velsorg op ‘n totale ander vlak. Eers word jou vel geanaliseer en dan met die korrekte produkte behandel en gemasseer. Al die produkte, behandelings en formules wat in ‘pHFormula’ gebruik word word ondersteun deur 30 jaar se gekombineerde mediese en wetenskaplike navorsing. Nina het na die behandeling gelyk asof sy op ‘n ses weke vakansie was. Ekself het ook vir die eerste keer verstaan wat dit beteken as jou vel regtig ‘glow’. Ek is dankbaar en trots om geassosieer te word met ‘pHFormula’, wat dit, saam met Kyknet, moontlik gemaak het dat hierdie dokumentêr oor die maak van my laaste album, ‘Huis’ (31 Januarie uitgereikingsdatum) kon gebeur. ‘n Mooi aand vir jou – ons praat weer binnekort - Laurika pHformula.com nuskinnovation.co.za
63
3.5K
5
40.6%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: