167
9.5K
18
111%
Johan Oberholzer sê hy het hierdie liedjie met my stem in gedagte geskryf. Ek het al ‘n paar van Johan se liedjies opgeneem: ‘Slang in die gras’, (saam met Kurt Darren); ‘Murg en been’ en ‘Oorgenoeg vir oormôre’. Wanneer ek die voorreg het om ‘n nuwe liedjie van hom vir die eerste keer te hoor, is dit altyd, bo en behalwe die liedjie self, sy unieke stem en frasering wat my aangryp. Hy het ‘n baie besonderse talent, en ek het, omdat dit so reg was vir die liedjie, sy frasering behou. ‘Nog voor ek jou geken het’ is ‘n in-‘n-klas-van-sy-eie -liedjie en wek soms ‘n sterk emosionele reaksie by mense wat dit sover gehoor het op. (Ek hoop natuurlik heimlik dat die liedjie in die toekoms die musiekkeuse vir die openingsdans by troues sal wees!) Ek herinner jou daaraan dat ‘Nog voor ek jou geken het’ op 24 Januarie uitgereik word. Jy kan dit solank stoor deur die skakel te volg in die bio. #fyp #viral #fypシ゚ @Afrikaans is Groot @kykNET
167
9.5K
18
111%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: