laurikarauchofficial
Jan 29
137
5.6K
5
65.2%
HERUITSENDING VANAAND EN DANKIE!!!! Goeie môre Vandat ‘Nog voor ek jou geken het’ uitgereik is, was daar net ‘n ‘oorverdowende’ reaksie op die liedjie. Ek is so dankbaar vir almal wat luister en vir my sê hoe mooi dit vir hulle is. Gideon Botes het ‘n pragtige verwerking gedoen. My gunstelinggedeeltes is waar die banjo daardie herhalende deuntjie of ‘loop’ speel. En dan eindig die liedjie weer met die banjo-klanke. Die persoon wat harmonieer met my op sommige gedeeltes, is Johan Oberholzer self, die skrywer van die liedjie. Dis so lekker om sy liedjies te sing. My nuutste nuus, wat jy dalk al gehoor het, is dat Kyknet, een van die borge van die dokumentêre program oor die maak van my EP (Huis), besluit het om ‘Laurika se Tuiskoms’ weer vanaand 29 Januarie 2025 om 20h00 uit te saai! Dis blykbaar taamlik ongehoord dat hulle so ‘n herskedulerig op sulke kort kennisgewing doen, maar hulle sê dis as gevolg van openbare vraag. Baie dankie aan jou, en baie dankie aan Kyknet. Die ander borg van die dokumentêr is pHFormula. Weer eens dankie ook aan hulle wat saam met Kyknet dit moontlik gemaak het vir Carien Loubser van ‘Brainwave Productions’ om so ‘n mooi program te maak. Ek herinner jou daaraan dat my kortspeler, ‘Huis’, op hierdie Vrydag 31 Januarie op al die stromingskanale uitgereik word. Jy sal dan die ander drie liedjies wat saam met ‘Liewe lewe’ en ‘Nog voor ek jou geken het’ die EP vorm, kan stroom. Met baie liefde en groot dankbaarheid Laurika 29 Januarie 2025 kykNET pHformula South Africa NuSkinnovation Pretoria East Brainwave Afrikaans is Groot Carien Loubser Johan Oberholzer Gideon Botes Spaar die Kortspeler gerus hier vir Vrydag: https://laurikarauch.lnk.to/Huis
laurikarauchofficial
Jan 29
137
5.6K
5
65.2%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
