laurikarauchofficial
Jan 31
902
19K
99
224%
Môre! Die tyd het uiteindelik aangebreek! ‘Huis’ is nou beskikbaar as ‘n 5-liedjie kortspeler. Weens die feit dat die CD-mark nie meer bestaan nie (alhoewel daar weer 'n opbloeiende tendens onder jong mense (trust them) in Engeland en Europa is om weer na CD's te wil luister), is hierdie album slegs beskikbaar om te stroom op al die stromingsplatforms. Twee amptelike video’s van ‘Huis’ en ‘Nog voor ek jou geken het’ en twee liriekvideo’s van dieselfde twee liedjies (karaoke-aande hier kom ons!) is nou ook op Youtube beskikbaar. Die video’s speel af in die einste ateljees waar ek die opnames gedoen het saam met Floors Oosthuizen (gerespekteerde vriend, kitaarspeler en produksie); Deedee van der Hoven (liefste vriendin en klavierspeler); Arnold Coleske (gewaardeerde vriend, vervaardiger en die grootbaas by Coleske/Warner) en Paulo Azevedo (beautiful vriend, klankingenieur en Kunstenaar-en -repertoire-bestuurder by Coleske/Warner). Die video’s is vervaardig deur Carien Loubser en haar span by ‘Brainwave Productions’ en jy sal van die beelde herken uit die dokumentêr ‘Laurika se Tuiskoms’ wat op Kyknet gebeeldsaai word. Geniet hierdie laaste inloer van my (iemand het grappenderwys vir my gesê dat as ek dit regkry om regtig uit te tree sal hy sy hoed eet!) ...Maar dit is. Mooi loop vorentoe vir altyd, weer eens dankie vir alles wat ek saam met jou kon beleef het en baie liefde Laurika 31 Januarie 2025 kykykNETHpHformula South AfricaaCarien LoubserfAfrikaans is GrootiGideon BotesoJohan OberholzernOnsMusiekiLize Beekman (Official)oCoenie de VillierseDeon MeyerhChristi van NiekerkHier is jou maklike skakel na al die platforms toe: https://laurikarauch.lnk.to/Huis
laurikarauchofficial
Jan 31
902
19K
99
224%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products:
