14
1.2K
2
13.7%
Afrikaans is nog altyd die taal waarin ek myself die beste uitdruk, die taal waarin ek bid en sing - my moedertaal. Ek kon dus nie ‘nee’ sê toe ek gevra is om deel te wees van die ‘Afrikaans is 100 jaar Groot’- konsert op 20 September in die pragtige DHL-Stadion in Kaapstad nie. Ek sien al so uit! Bettina Wyngaard het onlangs in ‘n uitstekende artikel in die ‘Daily Maverick’ so mooi oor ons taal verwoord: Sy sê ondermeer dat ons Afrikaans moet sien as ‘n kwilt of ‘n lappieskombers, een waar dit juis die verskillende kleure in die individuele blokkies is wat die geheel mooi en uniek maak. Sy sê ook dat die mense wat Afrikaans praat, wat swets en bid en sing in die taal, die onbesonge helde en heldinne is wat in hulle hartstaal uitreik oor grense heen - en dat dit húlle is wat oor nog 50 jaar die maanlig op die Taalmonument sal vier.’ Die konsert gaan op Saterdag 20 September 2025 om 15h00 in die DHL-Stadion in Kaapstad aangebied word. Kaartjies sal vanaf 8 Mei om 10:00 - slegs by iTickets beskikbaar wees. Ek hoop ek sien jou daar! Laurika #AiG100Jaar @Afrikaans is Groot
14
1.2K
2
13.7%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: