2.2K
55K
53
657%
Dit was magies om deel te wees van die 100-jarige viering van Afrikaans tydens die ‘Afrikaans is 100 jaar Groot’-konsert in Kaapstad op 20 September 2025. Vir my was dit ‘n salige ontmoeting met die wonderlikste gehoor, musikante, sangers, kollegas, regisseurs, ontwerpers, organiseerders, beligtingsmense, klankmense, koreograwe, dansers - en nog so baie ander kreatiewe mense. Ek het soveel liefde ontvang en die ganse 50,000 gehoor het ‘Op Blouberg se strand’, ‘Kinders van die wind’ en ‘Stuur groete aan Mannetjies Roux’ woord-vir-woord saam met my gesing, wuiwend met hulle liggies aan. Wow! Hoe gelukkig kan ‘n sangeres in haar uittree-jaar wees om soveel erkenning vir haar lewenswerk te kry! Kaapstad - dankie vir julle gasvryheid en liefde; dankie ook aan die wat van ver af gekom het om te luister; dankie vir my mede-kunstenaars wat my op die hande gedra het; dankie aan die Vivox Voices-koor en die massakoor van 2000 - wat bestaan het uit 16 skoolkore! - wat ‘Kinders van die Wind’ so beeldskoon saam met my gesing het; dankie vir almal wat my agter die skerms gehelp het; dankie vir ons lieflike regisseurs; dankie aan Coleske Artist Management dat julle my so bederf en geëer het; en dankie aan die burgemeester van Kaapstad, Mayor Geordin Hill-Lewis, vir die mooiste ruiker, vasgemaak met kwaailappies wat jy saam met jou grasievolle toespraak van waardering - op die mooiste Afrikaans aan my oorhandig het. As ‘n mens nie lekker en gemaklik kan bly voor so ‘n vertoning nie, kan jy tog nie uitgerus en kalm jou beste lewer nie. Ek en Chris het in die Dorp Hotel in die Bo-Kaap gebly en hoe lieflik was dit nie. Vanuit ons kamer kon ons vir Tafelberg ongehinderd sien (ek deel ‘n foto), kon ons die lieflike tuin - wat kinderherinneringe aan die blomme en struike in ons tuin in Pinelands teruggebring het - waardeer, kon ons op kraakvars wit lakens slaap en die heerlikste ontbyte geniet. Dankie Dorp-hotel-familie vir die ekstra moeite wat julle vir ons gedoen het. Ons sal dit nie vergeet nie. Baie liefde Laurika Foto’s: Jaco Marais @Netwerk24 en @Quintessential_Productions
2.2K
55K
53
657%
Cost:
Manual Stats:
Include in groups:
Products: